Die NUUS het altesaam van 17 vullishouers foto’s geneem wat wys dat Mogale City munisipaliteit se vullisverwyderaars nie omgee of hulle inwoners se eiendom beskadig nie.
Die NUUS het van ‘n ander afspraak afgekom en in Surreystraat in Lewisham ingedraai toe daar gesien word hoe die vullisverwyderaars die asblikke leegmaak.
Nadat al die vullis in die vullisverwyderingslorrie gegooi is stoot die werkers die vullishouers haastig terug voor die eienaar se erf, en as dit in die proses omval, lyk dit nie of dié werkers omgee nie, want die bestuurder van die vullisverwyderingslorrie wil ry en hulle moet opklim om die volgende stel asblikke leeg te maak.
Dit is ‘n toe dat daar besluit is om te sien hoeveel van dié asblikke gevind kan word in minder as ‘n halfuur in die Lewisham- en Mindalore areas.
In Lewisham wat sowat 30 strate het, is nege vullishouers in vier strate, Hompes-, Surrey-, Fourie- en Vermeulenstraat, waarin die NUUS ondersoek ingestel het, is daar gevind dat sommige vullishouers of op die grasperk gestrooi is of langs die pad gelos is waar dit omgeval het.
By Mindalore, wat net langs Lewisham geleë is, is daar ook ondersoek ingestel. Uit die sowat 50 strate wat in Mindalore is, is daar by twee strate, Impalaweg en Haynesstraat, 8 vullishouers gevind wat ook sonder enige respek langs die pad gestrooi is.
Volgens ‘n dokument wat van Mogale City se webwerf afgetrek is sal inwoners gedurende die 2013 en 2014 finansiële jaar R113.24 per maand vir die verwydering van huishoudelike afval per 240l vullishouers betaal.
Die vervanging van verlore of beskadigde vullishouers kos R679.50 en om dit sal ‘n verdere R75.44 kos om die vullishouer af te lewer.
As ‘n inwoner hoe voel jy dat jou vullishouer só sonder respek deur die munisipaliteit se vullisverwyderaars gestrooi of hanteer word?