Leesgenot ten bate van dierehawe
Friends of Rescued Animals (Fora) het 'n boekwinkel vol boeke wat teen afslagpryse verkoop word.

Leesgenot van verskillende skrywers en genres kan by die Friends of Rescued Animals (Fora) dierehawe se tweedehandse boekwinkel in Krugersdorp-Noord gevind word.
Vir elke boek wat teen afslagprys by die boekwinkel verkoop word, word die geld aangewend om die diere by die hawe van ‘n beter lewe te voorsien.
Julie Wasserman, bestuurder by die boekwinkel het ‘n spesiale aand gereël (wat sowat elke drie maande plaasvind) vir Vrydag 31 Mei waar gereelde klante uitgenooi was om die aand tussen die boekrakke te spandeer.
“Ons hou hierdie aande om ons klante die geleentheid te gee om die boeke wat hulle in die winkel gevind het onder mekaar te bespreek en as daar enige iemand is wat ook só ‘n aand wil bywoon kan hulle hul name by ons opsit.”
Sy sê sy wil graag elkeen wat hierdie aande bywoon en hulle ondersteun bedank.
“Ons wil ook graag skole van die omgewing betrek om ons te help om kos in te samel vir die honde en katte by die hawe.”
Julie sê vrywilligers wat ‘n uur van hulle tyd wil afstaan om die honde by die dierehawe vir hondestappies en met hulle te speel is altyd welkom.
“Enige donasies word verwelkom, want dit kan ons in ons liefdadigheidswinkel in die gebou oorkant die boekwinkel verkoop omdat skenkings ‘n inkomste voorsien om na die diere om te sien.”
Die boekwinkel is by winkel 4 in die Jay Sentrum in Vierdestraat, Krugersdorp-Noord, langs die Bonanza Spar.
Vir meer inligting kontak Julie by 076 771 5480.