NewsSchools

Monnas se seunshokkie wen Boden Trofee

Monnas se seunshokkie het die Boden Trofee Toernooi gewen en as kampioene huistoe gegaan.

Hoërskool Monument se onder 15 seunshokkie het besonders goed presteer in die B-afdeling Boden Toernooi en het ook die wen titel huistoe geneem.

Hierdie prag uitslae sal verseker dat Monnas ‘n plek in die A-afdeling sal werf in 2014.

“Die span het werklik fantastiese resultate behaal,” sê Rinus de Jager, woordvoerder vir Hoërskool Monument.

Die seunspan het skoonskip gevaar deur die kompetisie en het die opponente met elke rondte geklop.

Die semi-finaal was ‘n noue stryd waar die seuns moes uithaal en wys met die strafrondte om te bepaal wie die wenners is.

Monnas het deurgedring na die finaal waar hul 3-0 teen St Peters College gewen het.

Die uitslae van die toernooi is as volg:

• Monnas 10 — Randburg Hoërskool 0
• Monnas 2 — Maragon Private School 1
• Monnas 9 — Glenvista 0
• Monnas 3— Randpark High School 0 (kwart finaal)
• Monnas 2 — Crawford Lone Hill 1 (semi finaal)
• Monnas 3 — St Peters College 0 (finaal)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button