Milan Blignaut gereed vir Olimpiese eindstryd
Milan Blignaut van Monnas het die eindstryd van die vroue-hoogspringafdeling by die Jeug Olimpiese Spele gehaal en neem vanaand om 18:22 deel.
Hoërskool Monument High School se Milan Blignaut het tot die eindstryd van die vroue-hoogspringafdeling by die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal deurgedring.
Volgens Team South Africa se amptelike Facebook-blad neem Blignaut vanaand, 10 November, om 18:22 aan die eindstryd deel.
• Lees die vorige artikel hier: Monnas-atleet gekies vir internasionale Olimpiese byeenkoms
Blignaut is gekies om Suid-Afrika in die hoogspring-item by die internasionale spele te verteenwoordig, wat van 10 tot 14 November plaasvind.
Soos die News reeds berig het, staan Hoërskool Monument bankvas agter Milan en wens die skool haar sterkte toe met dié besondere geleentheid.
