NewsSchools

Bastion se gasvryheid studies kook

Bastion se jong sjefleerlinge is behoorlik aan die kook en bederf gaste met ‘n vier gang maaltyd.

As deel van Hoërskool Bastion se Gasvryheidstudie leerlinge se praktiese eksamen, is ‘n vier gang maaltyd deur die leerlinge voorberei en vir honger gaste bedien by ‘n geleentheid.

Gaste was aangenaam verras met heerlike grysneut sop wat met ‘n broodvlegsel bedien is.

Vir die volgende gang het die gaste byna hul borde blink geëet aan ‘n seekos en avokado voorgereg.

Die hoofgereg het al die eer verdien. Die leerlinge het gebakte lam tjops met ‘n groente julienne en ‘n aartappel rosti gereg.

Die ete het op ‘n hoë noot geëindig toe ‘n wit sjokolade mousse saam met ‘n sjokolade ganache vir nagereg bedien is.

Bastion spog nie alleenlik met Gasvryheidstudie as ‘n keuse vak nie, maar ook met Verbruikerstudies wat sowat twee jaar gelede by die vak keuses bygevoeg is.

Verbruikerstudies bied leerlinge verskeie keuses soos ontwerp, entrepneurskap en bemarking wat sorg vir ‘n wyer beroepsveld.

“Meeste van die leerlinge gaan uit in die industrie en word trotse ambassadeurs van Bastion in die besigheids wêreld,” sê Ritsa Zoutendyk, Vak Hoof van Gasvryheidstudies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button