Ontwerper koordrag vir Monnas
‘n Mode koning, ‘n sang ster en ‘n koor sorg vir ‘n aand van vrystelling en vermaak.

Hoërskool Monument spog met hul splinternuwe ontwerper koordrag en lewer ‘n prag opvoering saam met musiek legendes.
Gaste het die geleentheid gehad om Monnas se koor waar te neem onder die leiding van koor direkteur Duncan Fourie en ‘n spesiale optrede deur Andre Schwartz en Pieter Koen.
Die mode koning, Gert-Johan Coetzee wat kom aansit het by die geleentheid het sy inspirasie en die maak van die uitrustings met die gehoor gedeel. “Wat ‘n besondere jongmens,” sê ‘n gas wat die geleentheid bygewoon het, Lizette Martins.
Gert-Johan Coetzee is nie net wel bekend vir sy wêreldklas kreatiewe uitrustings en fenomenale modeskoue nie, maar ook heelbo op die lys van elke bekende sepie- of musiekster in die land se klerelys.
Die koor se optrede was waarlik vanuit die boonste rakke.
“Duncan Fourie se vermoë om ‘n koor te vat en na hoër hoogtes te lei was duidelik hoorbaar,” sê van die aanskouers.
Pieter Koen, die bekende Afrikaanse sanger en aanbieder van die KykNET musiekprogram Jukeboks, het die gehoor vermaak met sy komieklike sjarme en het as koorleier opgetree vir die geleentheid.
“Die koor het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt met ‘n repertoire wat sterk koordissipline verg.”
Een van Suid-Afrika se top sangers Andre Schwartz het ook op die aand ‘n vertolking van ‘n lied uit die Phantom of the Opera opgetree.
“Die hoogtepunt van die aand was natuurlik Andre en die Monnas-koor saam. Jerusalem bly nou maar net ‘n gehoor treffer.”
Hy het verder die gehoor vermaak en ‘n paar liedere saam met die koor gesing.
“Wel gedaan Monnas, jul lyk en klink fantasties.”