Local newsNews

Mmemezi-bestuurder druip gevorderde bestuurstoets

Semitjie se regsverteenwoordiger het gesê dat sy kliënt nie aangestel sou word as daar geweet is dat Semitjie die toets gedruip het of dat hy onbevoegd was nie.

Tydens Joseph Semitjie se verskyning in die Krugersdorp Landdroshof gister (26 Junie), het die hof gehoor dat hy reeds twee gevorderde voertuigbestuurstoetse nie kon slaag nie.

Semitjie het in November 2011 vir Thomas Ferreira (wat toe 18 was) van sy motorfiets afgestamp toe hy met Gauteng se destydse LUR vir Behuising, Humphrey Mmemezi se blouligvoertuig oor ‘n rooi verkeerslig wou jaag.

Semitjie het op aanklag van roekelose en nalatige bestuur in die hof verskyn.

Ferreira het erge breinskade opgedoen en was vir verskeie weke in ‘n koma.

Die bevelvoerder van die polisie se eenheid wat gevorderde bestuursopleiding aanbied, het getuig dat Semitjie voor die ongeluk sowel as na die ongeluk ‘n bestuurderstoets gedruip het.

Hy het ook getuig dat hy nie veel gesag het oor wie as bestuurders aangestel word nie, maar Semitjie se regsverteenwoordiger het gesê dat sy kliënt nie aangestel sou word as daar geweet is dat Semitjie die toets gedruip het of dat hy onbevoegd was nie.

Die saak hervat op 29 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button