Local newsNews

Kies jou hokkiestok reg

Dit gaan nie oor watter stok die mooiste of duurste is nie.

Met die hokkieseisoen wat al nader kom, is dit belangrik dat ouers die regte hokkiestokke vir hulle kinders kies.

Werner van Heerden van VHF Sport in die Pick n Pay-inkopiesentrum in Noordheuwel sê hy wil keer dat ouers onnodig geld op die verkeerde hokkiestokke spandeer, maar die verkeerde lengte stok kan kinders se spel nadelig beïnvloed.

‘n Swaar stok kan die beweging van die kind vertraag terwyl ‘n stok wat te lig is nie die nodige krag gee nie.

“Die maklikste manier om die regte lengte vir ‘n jong speler te bepaal is om die stok regop met die kop van die stok op die grond te laat staan. Die bopunt van die stok moet dieselfde hoogte as die speler se naeltjie wees.”

Hy sê vir ouer en meer ervare spelers is dit egter anders.

“Vir die langer spelers gaan dit meer oor hoe ver hulle daarvan hou om die bal te dribbel aangesien dit weer ‘n ander maatstaf is.”

Werner verduidelik voorts dat die gewig van die stok ook ‘n groot invloed het op die kind se spel.

“‘n Swaar stok kan die beweging van die kind vertraag terwyl ‘n stok wat te lig is nie die nodige krag gee nie.”

Hy sê hokkiestokke word deesdae uit koolstof-, aramied- en glasvesel gemaak om die gevoel van krag wat die stok bied, te verbeter.

“‘n Groter persentasie koolstofvesel is gewoonlik beter, maar die prys van so ‘n hokkiestok is ook gewoonlik hoër.”

Werner sê dit is dus belangrik om ‘n hokkiestok te kies waarvan die gewig en lengte vir die speler reg is en nie dat die stok die mooiste en duurste is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button