Local newsNews

Lizz vir ‘n bietjie lente?

Lizz Meiring is die sermoniemeester vir die amptelike opening vir vanjaar se Lenteskou by Garden World.

Garden World het die NUUS en aktriese Lizz Meiring genooi om Mandela-Dag op ‘n vrolike noot af te skop.

Alhoewel dit baie koud was, was die tuine vir vanjaar se Garden World Lenteskou pragtig opgedoen met kleurvolle blomme, groen plante en eksotiese visuele argitektuur.

Vanjaar se skou skop op 26 Julie af en belowe om besoekers om elke hoek en draai te inspireer.

Lizz is natuurlik ook die sermoniemeester vir die amptelike opening vir die skou en bring self ook ‘n bietjie kleur na die laeveld van Muldersdrift.

Suid-Afrika se eie 2013 Kirstenbosch-SA Chelsea Exhibit, wat ‘n goue toekening gewen het, gaan ook op skou wees.

Tydens die skou gaan Garden World ook verskeie werkswinkels aanbied. Margaret en Sandy Roberts gaan besoekers kom leer oor hoe om opgewonde te raak oor kruie en ‘n gesonde leefstyl. Die plaaslike bloemis Leon Hefer gaan besoekers ook ‘n ding of twee wys oor blommerangskikkings terwyl die tuiner Charles Barnhoorn sy passie vir bolle plant bekendstel.

Vir meer besonderhede oor hierdie werkswinkels en Garden World se Lenteskou, besoek gerus die Events-afdeling vir meer inligting.

Vir meer foto’s van Lizz en die tuine, besoek die galerye.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button