Monnas oorheers Florida in Leeus-finaal
Al Monnas se rugbyspanne dring deur na die kwarteindrondte.

Hoërskool Monument het hul prestasie van 2012 op Saterdag 20 Julie herhaal toe hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar daarin slaag om die o.14, o.15, o.16 en eerstespan Goue Leeus Makroskole provinsiale titels te buit.
Die indrukwekkende telling het selfs die grootste Monument-ondersteuner aangenaam verras.
Dit is egter veral die eerstespan wat vriend en vyand verras het toe hulle Hoërskool Florida, wat daarvoor bekend is om Monnas kan laat struikel, met 43 teenoor 15 getroef het.
Dit is indrukwekkend as daar in ag geneem word dat Monnas met vier minder spelers wat tydens die Cravenweek beseer is, moes klaarkom.
Die tellings vir die dag was:
• o.14A Monnas 49 – Florida 0
• o.15A Monnas 65 – Florida 7
• o.16A Monnas 43 – Florida 15
• Tweedespan: Monnas 27 – Florida 7
• Eerstespan: Monnas 43 – Florida 15
Al Monnas se spanne dring deur na die kwarteindrondte waar die o.15, o.16 en die eerstespan na Nelspruit sal reis en die o.14-span teen die Hoër Tegniese Skool Middelburg te staan sal kom.