NewsSchools

Proties hou buitelugfees

Die dag beloof om hope pret te wees en heerlike gesinsvermaak.

Laerskool Protearif hou ‘n buitelugfees by Hobbypark op Robert Broomrylaan op 3 Augustus.

Daar gaan vele wees om te doen sodra die hekke om 9vm oopmaak.

Kom neem deel aan al die fantastiese buitelugkompetisies soos visvang, bergfietswedrenne en ‘n potjiekoskompetisie.

Daar gaan ook wonderlike stalletjies wees en die verskillende Grade van die skool gaan sorg vir heerlike eetgoed.

Die wat belangstel om hul stalletjie vir die dag te bespreek, kan gerus navraag doen. Enige borge en deelnemers is ook welkom.

Die dag beloof om hope pret te wees en heerlike gesinsvermaak.

Vir verdere inligting, skakel Liezel Bezuidenhout by 083 632 0862.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button