Local newsNewsSchools

Curro gee hulle deel

Vir Madiba se verjaardag het leerlinge van Curro Krugersdorp nie net vir hom gesing nie, maar ook geld aan 'n behoeftige kleuterskool geskenk.

Op Donderdag 18 Julie het die personeel en leerlinge van Curro weereens gewys dat ‘n skool wat nog net sewe maande aan die gang is, vir niks en niemand hoef terug te staan nie.

Nie net het hulle Madiba se verjaarsdag gevier en ook vir hom gesing nie, maar met ‘n muntlegging het hulle gewys dat elkeen by Curro Krugersdorp vir hulle medemens omgee.

Hulle het hulle 67 minute van liefdadigheid aan die Mug + Tree Kleuterskool gewy. Die munte is vir hierdie skool, wat deur Estelle Opperman bestuur word, ingesamel.

Annemarie Lombard, skoolhoof sê dat ouers en leerlinge gewys het dat hulle nie huiwer om te help met so ‘n spesiale geleentheid nie.

“Die leerlinge kon nie wag om hul munte of note op die woorde Mug and Tree te gaan uitpak nie. So kon ons ook weer besef dat daar ernstige nood in ons omgewing is en dat ons ‘n verskil kan maak.”

Sy sê hulle het ‘n groot bedrag geld insamel en sien uit om dit met trots aan die skooltjie te gaan oorhandig wat dit so nodig het.

“‘n Opregte dankie aan een en elk wat ‘n bydrae tot hierdie spesiale gebeurtenis gelewer het, so ook aan Juffrou Rhoda le Roux vir al haar reëlings. Wat ‘n voorreg om nog ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button