NewsSchools

Noordheuwel se hokkie is tops

Die skool se eerstespan-hokkiespelers presteer uitstekend.

Hoërskool Noordheuwel se seunshokkie het onlangs ‘n 19de plek op die nasionale Top 45-ranglys behaal en die skool is in die wolke oor hierdie prestasie.

Gedurende vanjaar se hokkieseisoen het die skool 14 Suid-Gauteng spelers opgelewer wat tydens die Julie-vakansie aan verskeie interprovinsiale toernooie deelgeneem het.

Johan Smit, die skool se hokkiekaptein en voormalige Suid-Afrikaanse onder 18-speler is in die onder 21-span opgeneem.

Yvette Moolman, wat verantwoordelik is vir die skool se bemarking en skakeling met die media sê ‘n voormalige Norie-hokkiespeler, Francois Pretorius (24) is in die Suid-Afrikaanse manshokkiespan opgeneem.

“Hy is so te sê met ‘n hokkiestok in die hand gebore en het onder die wakende oog van sy ma, Suzanne – afrigter van Nories se onder 14-span – die fynere kunsies van hokkiespeel geleer.

“Hy het sy debuut op Suid-Afrikaanse bodem gemaak en is ‘n bewys van die stewige grondslag wat Nories se hokkie bied.”

Francois het van 29 Junie tot 7 Julie aan die Wêreldliga Semifinaal in Johor Bahru, Maleisië deelgeneem.

Yvette sê Nories se eerstespan het ‘n uitstekende rekord die afgelope seisoen.

“Hulle oorwinnings sluit in die Pro Series Binnenshuise Hokkiereeks, die PUK Super 16 titel, asook ‘n uitstekende derde plek tydens die gesogte Aitken-reeks, wat tradisioneel deur die Engelse skole oorheers word.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button