Monnas-atlete skitter by wêreldkampioenskappe
Altesaam het 33 leerlinge deelgeneem waarvan sewe die finale gemaak het.
Twee van Hoërskool Monument se atlete het uitstekend gevaar tydens die Jeug Wêreldkampioenskappe in Donestk in die Oekraïne.
Julia du Plessis and Leandri Geel het teen die wêreld se bestes deelgeneem en ‘n derde en sewende plek onderskeidelik behaal.
Julia het ‘n bronsmedalje in die hoogspring verwerf met ‘n hoogte van 1,79m.
Leandri was die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deurgedring het na die finaal en het uiteindelik ‘n sewende plek met ‘n afstand van 46,38m in diskus behaal.
Twee ander leerlinge het ook goed gevaar. Zinzi Sebango het aan verspring en die drie-sprong deelgeneem terwyl Ashley Niewenhuizen ook aan diskus deelgeneem het.
Dit is ‘n uitsonderlike prestasie aangesien sy die jongste dogter in the Top 10 in die wêreld was.
