Nories bring ‘The Wedding Singer’ op die planke
Dit is slegs die tweede keer dat dié produksie in Suid-Afrika opgevoer word.
Hoërskool Noordheuwel se musiekblyspel, The Wedding Singer is tot en met 10 Augustus op die planke by die Promusica Teater in Roodepoort.
Wat hierdie opvoering so merkwaardig maak, is dat dit maar die tweede keer is dat hierdie musiekblyspel in Suid-Afrika opgevoer word.
Die talentvolle Nories oefen al van September 2012 af daaraan en die hoofkarakters het selfs ekstra afrigting by Terence Bridgett, beter bekend as Jerome van 7de Laan, gekry.
Marike de Villiers-Knop (regisseur) glo dat almal wat betrokke was hierdie musiekblyspel sal onthou as een van Hoërskool Noordheuwel se groot hoogtepunte.
“Dit was ‘n absolute voorreg om met hierdie talentvolle kinders, personeel en ouers te werk. Die talent wat binne die skool is, is ongelooflik!”
Kaartjies vir die musiekblyspel kos R80 per persoon.
