Local newsNews

Pick n Pay Noordheuwel gee terug

Pick n Pay Noordheuwel het 'n geskenkbewys aan Friends of Rescued Animals oorhandig.

Die diere by Friends of Rescued Animals (Fora) behoort hulle sterte dolgelukkig te kan swaai nadat ‘n geskenkbewys van R5 000 aan dié niewinsgewende organisasie oorhandig is.

Hansie Pieterse, die winkelbestuurder van Pick n Pay Noordheuwel het die skenking aan Francois van Heerden, dierehawebestuurder by Fora oorhandig.

“Ek ondersteun Fora reeds tien jaar lank en ek het self al sewe honde deur hulle aangeneem,” sê Hansie.

Francois sê hy is dankbaar vir dit wat die gemeenskap vir hulle doen, want sonder hulle hulp en bydrae kan die dierehawe nie suksesvol wees nie.

“Baie dankie ook aan Pick n Pay Noordheuwel vir hierdie skenking aan ons. ‘n Mens kan nie genoeg dankie sê nie.”

Hy sê hulle gaan die geld gebruik om meestal skoonmaakmiddels aan te skaf omdat die hokke gereeld skoongemaak moet word.

“Dit gee ons die geleentheid om die geld wat ons inkry op ander benodigdhede te spandeer.”

Lede van die publiek wat kos, komberse en ander benodigdhede wil skenk kan dit in die drom by die volgende winkels plaas: Pick n Pay Noordheuwel, Ruimsig en Princess Crossing, en die Ruimsig Spar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button