Local newsNews

Polisievoertuig beland op sy dak

Ses verdagtes in polisieaanhouding is beseer toe hulle na hulle hofverskyning na die Kagiso Polisiestasie onderweg was.

Ses verdagtes in polisieaanhouding en twee polisiebeamptes is op 19 Augustus beseer toe die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie gebots het en op sy dak beland het.

Dié ongeluk het omstreeks 3.30nm op die hoek van Hoofrif- en Paardekraalweg plaasgevind toe die polisiebeamptes na Kagiso Polisiestasie onderweg was nadat die verdagtes in die Krugersdorp Landdroshof verskyn het.

Brigadier Sipho Ngubane van die Kagiso Polisiestasie sê dat al die insittendes van die polisievoertuig vir behandeling na Leratong Hospitaal geneem is.

“Niemand het ernstige beserings opgedoen nie. Die passasiers is vir skok en geringe beserings soos krapmerke en kneusplekke behandel.”

Hy sê dit lyk nie of die passasiers van die bakkie waarteen die polisievoertuig gebots het, ernstig beseer is nie.

Dit wil voorkom of albei voertuie moontlik afgeskryf gaan word.

‘n Omstander op die toneel sê ‘n polisievoertuig en die nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die nooddienste se ambulans het baie naby die polisievoertuig gestop en die polisiebeamptes van die ander voertuig het bystand verleen om seker te maak dat die verdagtes nie ontsnap nie.”

Ngubane sê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button