NewsSchools

Bekker gee terug aan gemeenskap

Laerskool Bekker nooi die publiek om betrokke te raak by hulle projek.

As deel van Laerskool Bekker se gemeenskapsprojek het hulle in Junie ‘n kombers en boek vir elke kind van die St Laurence’s Children’s Haven gegee.

Die kombersfabriek Aranda het ‘n skenking van pragtige komberse gemaak en elke kind se naam is op die kombers geborduur. Boeke was deur PNA geskenk en elke kind het ‘n boek ontvang met sy of haar naam daarop. Die skenking was op 19 Junie gedoen waar hulle ook die res van die middag saam met die kinders spandeer het.

Laerskool Bekker nooi die publiek om betrokke te raak by hulle projek en so ook ‘n verskil in hierdie kinders se lewe te maak. Indien u belangstel, skakel gerus vir Sunja Opperman by 014 577 1129.

Die skool wil ook graag baie dankie sê aan Phoenix Exploration wat ‘n bedrag van R14 290 aan die kinderhuis geskenk het as deel van hulle projek.

Daar sal elke maand ‘n projek geloods word om die kinderhuis te ondersteun. Die kinders was baie opgewonde oor die geskenke.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button