Agt van Laerskool Bekker se leerlinge het op 26 en 27 Julie aan die Wagpos Boerefees deelgeneem en uitstekend gevaar.
Lindré Grobler (eerste plek) en Anke de Klerk (tweede plek) het in die Melkbokke Jnr Jnr afdeling deelgeneem. Christy Yeates (eerste plek), Johan Ellis (tweede plek) en Elizma Friedrich (derde plek) het aan die Konyne Jnr afdeling deelgeneem.
Niël Buitendag het eerste plek in die Pluimvee Jnr Jnr afdeling behaal, terwyl Christo Martin ‘n tweede plek in die Pluimvee Jnr afdeling gekry het.
Fransiske de Klerk het ‘n tweede plek vir haar Kullinêre Kuns in die Junior afdeling gekry.

Hulle het in hul verskeie afdelings ‘n plek in die Gautengse Jeugskou-span behaal en sal in September aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe in Kroonstad deelneem.
Baie geluk aan hierdie leerlinge!
