Die cheerleaders van Hoërskool Noordheuwel het nie net met die provinsiale wen-titel tydens vanjaar se Samca (South African Majorette and Cheerleading Association) kampioenskappe weggestap nie, maar ook met die nasionale wen-titel.
Die cheerleaders, onder leiding van spanbestuurder Lizette Kotzé en afrigter Candia Lansdale, het aan die kampioenskappe in Pietersburg deelgeneem.
Brendan Robbertse en Tenecia Coetzee het ook aan die Partners Stunts-afdeling deelgeneem waar hulle ‘n tweede plek behaal het.
Welgedaan Nories! Julle is voorwaar tops!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
