Local sportNewsSchoolsSport

Twee Monnas-rugbyspanne seëvier

Hoërskool Monument het sy trotse rekord van die afgelope paar jaar voortgesit en was weereens met meer as een span in die Beeldtrofee-finale.

Hoërskool Monument het sy trotse rekord van die afgelope paar jaar voortgesit en het weer meer as een span in die Beeldtrofee-finale gehad.

Vanjaar was dit die o.15- en o.16-spannetjies wat die mooi prestasie behaal het.

Die o.15-spannetjie het Saterdag 24 Augustus op Hoërskool EG Jansen in Kempton Park se velde die kroon gespan op die droomseisoen waarin hul nie alleen die NuPower Tuksreeks en Goue Leeus Kampioene was nie, maar ook volgens die Suid-Afrikaanse Rugby Unie ranglyste as die beste o.15-span in Suid-Afrika gekroon is.

Hulle het met 19 teenoor 3 oor Eldoraigne geseëvier en so ook die Beeldtrofeetitel wat hul as o.14-span gewen het, suksesvol verdedig.

Die o.16-span het teen Hoër Tegniese Skool Middelburg, verlede jaar se kampioene te staan gekom. Die span het ook vroeër vanjaar die NuPower- en Leeus-titel ingepalm, maar het geweet dat dié skool sterk teenstand sou bied.

Met ‘n agterstand van 10 teenoor14 teen rustyd sou ondersteuners vergewe word as hulle onrustig gevoel het.

Justin Brandon, die kaptein, se manne het egter ander idees gehad en het die tweede helfde totaal oorheers om uiteindelik met 27 teenoor 14 te wen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button