Local newsNews

Dis heerlike lente

Inwoners van Moria Sentrum vir Bejaardes het 'n pretbelaaide lentedag gehad.

Soos wat die bloeisels bod en warmer temperature vir Krugersdorp voorspel word het lente uiteindelik aangebreek en het die inwoners van Moria Sentrum vir Bejaardes die eerste sonskyndag van die seisoen op Woensdag 4 September gevier.

Vermaak deur Hoërskool Monument se revue-groep het die bejaardes sommer vroeg aan die dans gehad en ‘n boereorkes het die agtergrondmusiek vir ‘n pretbelaaide dag gesorg.

Toe die inwoners in die vermaaklikheidsaal instap, is alles volgens die sestiger jare versier.

Heerlike verversings en helderkleurige versierings het ‘n pret atmosfeer geskep en alle mismoedigheid van die winter was gou iets van die verlede.

Leerlinge van Hoërskool Monument het almal laat spesiaal voel en het ook besoek by die siekeboeg afgelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button