Pieter-Coles Lourens het onlangs aan die Fauresmith-uithourit deelgeneem.
Hierdie uithourit is een van die wêreld se moeilikste ritte. Hy het 201km in 13 uur 30 minute voltooi en het saam met die legendariese oom Ami de Wet gery en geëindig.
Pieter-Coles het ook in Augustus aan die Nasionale uithourit in Kwa-Zulu Natal deelneem.
Hy is in die Gauteng A-span opgeneem.
Die kriteria vir toelating tot deelname aan die Fauresmith en ook om tot die Gauteng-span verkies te word, is dat die ruiter met dieselfde perd moet ry.
Dit is dus ‘n ruiter-perd kombinasie. Die perd en die ruiter moet albei sonder beserings en fiks wees om saam in die Gauteng-span te ry.
Baie geluk Pieter-Coles.
