NewsSchools

D2 seunshokkie onoorwonne

Die D2 Gauteng-Wes o.12 seunshokkiespan het trotse prestasies gedurende 'n hokkietoernooi behaal.

Die D2 Gauteng-Wes o.12-seunshokkiespan het gedurende die naweek van 8 tot 11 Augustus aan die jaarlikse hokkietoernooi vir distrikte en provinsies in Witrivier deelgeneem.

Daar was altesaam 12 seunshokkiespanne waarvan ses spanne onderskeidelik Limpopo, Noordwes en Mpumalanga verteenwoordig het, en ses uit die Gauteng Distrik was.

Die span van die D2 Distrik wat spelers van skole in Krugerdorp, Fochville en Randfontein insluit, was die enigste span van die Wes-Rand en was regdeur die toernooi onoorwonne.

In die finaal het hulle met 2-1 teen die D8 Distrik gewen, wat skole van Vereeniging, Vanderbijlpark en Sasolburg insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button