Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die rooitapyt uitgerol word en Krugersdorp se matriekleerlinge regmaak vir die grootste geleentheid van hulle skoolloopbaan.
Op 18 September skop die matriekafskeid-seisoen amptelik af wanneer Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Bekker hulle glansgeleenthede aanbied. Soos gewoonlik sal die NUUS-span reg staan om elke sprankelende oomblik af te neem en lesers kan hierdie foto’s amper onmiddelik tuis kyk. Op 19 September is dit Alma Mater Akademie, Krugersdorp High School en HTS Nic Diederichs se beurt. Op 20 September sal Hoërskool Bastion se matriekleerlinge hul ster-oomblikke beleef.
Op 27 September sal Hoërskool Monument in die kollig wees, terwyl Hoërskool Jan de Klerk op 3 Oktober die seisoen finaal afrond.
Maak seker jy mis nie een oomblik van hierdie groot en spoggerige geleenthede nie.
Sodra die NUUS-span klaar foto’s geneem het, sal dit dadelik op die galerye gelaai word.
