NewsSchools

Protearif-kultuur seëvier

Baie oefening en toegewydheid is nodig om 'n sukses van Raca te maak.

Laerskool Protearif neem vir die tweede jaar aan die Raca Kunstefees by Randfontein High School deel.

Raca doen al vir die vierde jaar wonderlike werk om kultuur in die omgewing te bevorder.

Proties het aan verskeie items deelgeneem soos voorbereide en onvoorbereide lees in Afrikaans en Engels, monoloë, poësie en Engelse poësie. Verskeie kunswerke is ook ingehandig.

Die liefde vir musiek is nie agtergelaat nie en vele Proties het aan vokale en instrumentale items deelgeneem. Protearif se koor het ook die skool verteenwoordig.

“Baie oefening en toegewydheid is nodig om ‘n sukses van Raca te maak en hiervan het ons Proties ‘n oorvloed,” sê juffrou Hesta du Plessis.

“Baie dankie aan elke talentvolle leerling.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button