NewsSchools

‘n Produksie met geen gelyke

Knikkies bekoor gehore met hul revue.

Laerskool Kenmare se 2013 revuegroep het gehore aan hulle voete gehad tydens hul optredes by die Krugersdorp Eeufeesaal van 2 to 5 September.

Die Graad 00 tot 3-leerlinge was die sterre van die jaar se produksie nadat die Graad 4 tot 7-leerlinge die kollig vir hulself gehad het tydens die vorige revuejaar, en die klein botteltjies het beslis bewys dat hul groot gif is.

Met die nuutse popmusiektreffers en moderne choreografie was dit duidelik dat Knikkies-revue beslis nie outyds is nie.

Ander elemente wat die revue byna in ‘n Broadway-liga geplaas het was die gebruik van professionele stemopnames, kleurvolle ligte en lewensgrote rekwisiete.

Die 2013-tema, Groter as Glimlag het beslis ‘n glimlag op ouers se gesigte geplaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button