Local newsNews

Moenie dat die lewe in die pad van lewe staan nie

SANBS word daarom genoodsaak om nuwe bloedskenkklinieke te vind en die insamelings by huidige bloedskenkklinieke te vermeerder.

Die hoofdoel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) is om veilige bloed van skenkers in te samel, dit te prosesseer en te toets vir oortapping. Die missie van die SANBS, ‘n vereniging van vrywillige, onvergoede bloedskenkers, is om alle pasiënte te verskaf van genoeg, veilige, kwaliteit bloedprodukte en mediese dienste verwant aan bloedoortapping, op ‘n regverdige en koste-effektiewe manier.

September is tradisioneel ‘n moeilike tydperk vir SANBS, weens die rekord-eksamens en kort skoolvakansie. Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie.

SANBS word daarom genoodsaak om nuwe bloedskenkklinieke te vind en die insamelings by huidige bloedskenkklinieke te vermeerder.

Die SANBS is daaraan toegewy om ‘n wêreldwye leier te wees in die veld van bloedoortapping. Vir Suid-Afrikaners wat iets vir hul gemeenskap en medelandsburgers wil doen, bied SANBS die geleentheid om lewens te red van pasiënte wat bloedoortappings benodig.

Die organisasie doen ‘n beroep op besluitnemers by besighede en gemeenskapsentrums wat ‘n invloed het op mense se keuses om bloed te skenk – mense wat passievol is oor bloedskenking en ‘n verskil wil maak deur hul organisasies. Bloedskenking is nie ‘n groot prioriteit in mense se lewens nie en hulle vind dit dikwels moeilik om die tyd te vind om bloed te skenk. SANBS wil bloedskenking so gerieflik as moontlik maak deur bloedskenkklinieke by werksplekke of ander plekke waar dit gerieflik is om te skenk, te hou. Maatskappye en areas met ‘n minimum van 200 mense en wat ‘n opkoms van 20 bloedskenkers kan verseker, word verkies.

Vier Erfenismaand saam met ons deur bloed te skenk. Bring ‘n vriend of familielid saam na die Hillfox Value Sentrum op 28 September om 9vm tot 1nm by die groot markiestent.

As jou organisasie, gemeenskapsorganisasie of skool daarin beIangstel om ‘n bloedskenkkliniek aan te bied, skakel 0800 11 90 31 of besoek www.sanbs.org.za om die aansoekvorm in te vul.

Moenie dat die lewe in die plek van lewe staan nie. Jou bloed red lewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button