Local newsNewsSchools

Protearif hou potjiekoskompetisie

Protearif Kleuterskool se jaarlikse potjiekoskompetisie was 'n reuse sukses.

Protearif Kleuterskool se jaarlikse potjiekoskompetisie is ‘n hoogtepunt op die skoolkalender en met ‘n rekordgetal inskrywings vanjaar is dit duidelik dat die kompetisie ‘n groot deel van die skool se kultuur gaan bly.

Skoolhoof Helena Koekemoer vertel dat die kompetisie aanvanklik die onderwysers se inisiatief was om ‘n bietjie samesyn tydens die skoolkonsert moontlik te maak.

“Sedert die eerste potjiekoskompetisie het die skoolkonsert ‘n gesellige geleentheid geword en teen die tyd dat die kleuters op die verhoog moet verskyn, is daar geen trane nie omdat hulle al heeldag saam met mamma en pappa gekuier het,” vertel sy.

“Dit het ‘n instelling geword dat die voorbereiding van ‘n potjie ‘n konsertkaartjie vervang, en almal smul aan die lekker potjiekos sodra die beoordeling verby is.”

Wenner Mervin de Souza met sy seekospot.
Wenner Mervin de Souza met sy seekospot.

Vanjaar is die elfde jaar dat die kompetisie gehou is en elke jaar word onafhanklike beoordelaars gewerf.

Hierdie jaar se beoordelaars het Laerskool Protearif se hoof Ponna Lourens, bestuursraadvoorsitter Schalk Welgemoed en eienaar van ‘n plaaslike spyseniersbesigheid Marius Heyns ingesluit.

“Beoordeling word elke jaar ‘n moeilker taak omdat daar so ‘n groot verskeidenheid potjies is – biltongpastapotjie, belly pot, seekospotjie, wildsvleispotjie en die tradisionele potjies is net ‘n paar name op die spyskaart,” vertel Helena.

Mervin de Souza se seekospotjie is as die wenpot aangewys en naaswenner Hendri Katzke was kort op sy hakke met ‘n gewilde hoenderkerriepot.

Naaswenner Hendri Katzke en sy kerriehoenderpot.
Naaswenner Hendri Katzke en sy kerriehoenderpot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button