Hoërskool-kunstenaars spreek sosiale kwessies aan
Bastion spreek omgewingskwessies aan deur middel van kuns.
‘n Uitstalling van Hoërskool Bastion se Visuele Kuns en Ontwerp-leerlinge se beste werk het monde laat oophang oor die wyse waarop die leerlinge sosiale- en omgewingskwessies deur middel van kuns aanspreek.
Visuele Kuns en Ontwerp-onderwyseres Bernadene Ross se doel met die uitstalling was om die gehalte van die plaaslike jong kunstenaar ten toon te stel.
“Hoërskool Bation spog met ‘n gemmideld van 75 persent vir Visuele Kuns en daar is min skole wat by ons kan kers vashou,” meen sy.
Van die sosiale- en omgewingskwessies wat op die dag uitgebeeld is, is renosterstropery, geslagmisdaad en diskriminasie.
Een so ‘n voorbeeld is Graad 10-leerling Michelle Jacobs wat die kwessie van verkragting uitgebeeld het met ‘n legkaartskets van ‘n babatjie sonder privaat dele.
Ander verfstukke wat die NUUS se oog gevang het was Lereza Basson se Patato Eaters, Melissa Nel se Boy in the Red Vest en Cherie Joubert se Yellow Christ.
