Local newsNewsSchools

Brandwag Skool – die laerskool met ‘n verskil

Daar word gewerk met die BVCO-kurrikulum waarvan die hoë standaard wyd erken word.

CVO Skool Brandwag is ‘n Afrikaanse privaatskool op Plot 32, Helderblom in Tarlton geleë.

Die skool bestaan sedert 1994 en is geakrediteer deur Umalusi en is geregistreer by die Departement van Onderwys.

CVO Brandwag is saam met 48 ander skole, trotse lede van die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO).

Meeste van die skool se huidige personeel het 40 jaar en meer ondervinding en is reeds jare by die skool betrokke. Die skool is geregistreer vir Gr 00 tot 12, maar vandat hulle in 2003 hulle in ‘n nuwe gebou gehuisves het, akkommodeer hulle slegs Gr 00- tot 7-leerlinge.

Hulle het klein klasse en elke leerling kry dus baie individuele aandag.

Die leerlinge neem deel aan verskillende sportsoorte soos atletiek, landloop en skaak.

Van die leerlinge is verder betrokke in ander aktiwiteite buite skoolverband soos perdry, tennis, ballet ens. Daar word gewerk met die BVCO-kurrikulum waarvan die hoë standaard wyd erken word.

Die BCVO spog ook met ‘n paar ons oud-leerlinge wat puik presteer het op tersiëre gebied:

• Jurie Hayes – ingeneur

• Loria Hayes – advokaat

• Marina Hayes – onderwyser met BSc graad

• Fouché Schoeman – studeer vir predikant

• Mari-Elize van Heerden – studeer medies

• Marizia Rheeder – studeer onderwys

Die skool is baie trots op die prestasies behaal deur hul leerlinge. Samewerking tussen ‘n sterk bestuurspan en onderwysers is ‘n definitiewe wenkombinasie.

Besoek die skool gerus.

Vir verdere inligting, e-pos jou navrae na kantoor@cvobrandwag.co.za of kontak hulle op 072 272 2879 of 082 706 3415.

Besoek ook die BCVO se webwerf by www.bcvo.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button