NewsSchools

Bastion se Spel-O-Rama

Die aand was 'n groot sukses en almal het dit waarlik geniet.

In September het Hoërskool Bastion die finale rondte van die Spel-O-Rama kompetisie aangebied.

Eers is daar ‘n speltoets geskryf en toe moes deelnemers van die vyf spanne hardop spel.

Die spanne wat deelgeneem het is Bastion 1, Bastion 2, La Salle College 1, La Salle College 2 en Laerskool Culembeeck.

Die deelnemers van Bastion 1 se resultate is Bennie van Zyl met 93 persent, Shimoné Gouws met 69 persent, Aneska Bennet met 85 persent, Angelique van Tonder met 83 persent en Shaun Bruwer met 71 persent.

Deelnemers van Bastion 2 se resultate is Pieter van Zyl met 84 persent, Shané van Rooyen met 70 persent, Luanelle van Niekerk met 64 persent, Anuschka de Jager met 66 persent en Joleen Baynes met 88 persent.

Groepwenners:

• Seniors:

Edublox Krugersdorp Spel-O-Rama Trofee1: Bastion 1 – 80 persent, Bastion 2 – 69 persent.

• Juniors:

Edublox Krugersdorp Spel-O-Rama Trofee1: Laerskool Culembeeck

• Individuele wenners:

1. Bennie van Zyl

2. Joleen Baynes

3. Franco Labuschagne

Die aand was ‘n groot sukses en almal het dit waarlik geniet. Die skool wil ook graag dankie sê aan hul borge Nicolene Potgieter van Edublox Krugersdorp en PNA.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button