Groen vingers hou 100-jarige besig
'n Liefde vir klere maak, te kook, krale aan te werk en haar vingers groen te hou is hoe Anna Elizabeth Losos, wat onlangs 100 jaar oud geword het haar self mee besig hou.
‘n Liefde vir klere maak, kook, krale aanwerk en haar vingers groen hou is hoe Anna Elizabeth Losos, wat onlangs 100 jaar oud geword het, haarself besig hou.
Anna, gebore op 12 September 1913 en haar suster Biemie Vermooten (98) is die enigste oorlewendes van ses kinders, almal dogters.
Hulle het hulle kinderlewe op die plaas Noupoort sowat 17km van die studentedorp Potchefstroom in Noordwes deurgebring.
In 1933, as ‘n 20-jarige is sy met Bennie Losos getroud en woon die grootste deel van haar lewe in die huis in Roodepoort waar sy steeds woon.
Haar seun Michael van Wilropark in Roodepoort het tydens ‘n vinnige fotosessie geskerts en vir haar gevra of sy ooit gedink het dat sy ‘n 80-jarige seun gaan hê. Sy het ook ‘n dogter Janice (59).
Anna is nou die trotse ouma en oumagrootjie van drie klein- en ses agterkleinkinders.
Haar familie het haar 100ste verjaardag by die Misty Hills Hotel in Muldersdrift gevier.
