Sektor 4 skenk radios
Die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum het twee tweerigtingradios aan die nooddienste geskenk om met reaksietyd te kan help.
Die Gemeenskapspolisiëringsforum van Sektor 4 het onlangs twee tweerigtingradios aan die nooddienste geskenk om te sien of hulle met reaksietyd kan help.
Dennis Rudman, adjunk voorsitter van dié sektor het met die idee vorendag gekom om die nooddienste soos Netcare 911 tot hulle radionetwerk te verbind.
Jacques van Schoor, patrolerings koördineerder vir Netcare 911 het tydens die ontvangsneming gesê dat hulle oor twee ambulanse en ‘n bystandsvoertuig beskik en daarom dankbaar is om by die gemeenskap betrokke te kan wees.
“Dit neem gewoonlik 12 minute vir ons om by die toneel uit te kom, maar dit kan nou tot vyf minute neem.” Hy beklemtoon ook die belangrikheid dat mense wat in nood verkeer altyd die adres en presiese nood vir hulle deurgee.
Rudman sê hy wil ook sien dat ander sektore deel sal word van hierdie inisiatief.
“Dit is nie slegs beperk tot Sektor 4 nie.”
