Die onder 11-krieketspan van Laerskool Protearif het die jaar baie sukses behaal op en van die veld af met oorwinnings teen Laerskole Ebenhaesar, Millenium en Muldersdrift.
Dit het Protearif-span ‘n plek in die D2-uitspele verseker.
Na baie voorbereiding was die Protie Wolwe honger vir die wedstryd wat op 8 Oktober op hul tuisveld gespeel is.
Die dag het goed begin met Proties wat eerste met die veldwerk begin het.
Asemrowende veldwerk is getoon met seuns wat hardloop en duik om balle te vang en te keer.
Die wolwe met Lee Barnard as afrigter het groot hart gewys en hulle beste gegee, maar het die wedstryd ongelukkig verloor.
Almal is baie trots op elke speler en die tyd wat hulle ingesit het, ongeag of hulle gewen of verloor het.
“Dankie Wolwe julle is die beste!” sĂȘ die skool.
“Dankie aan Lee vir al jou insette en toegewydheid.”
