Local newsNews

Nuwe toevoevoeging tot wildtuin familie

Vyf gelukkige volstruise woon nou by die Krugersdorp Wildtuin.

Die Krugersdorpse Wildtuin is nou die tuiste van vyf volstruise wat ‘n tweede kans op lewe gekry het nadat die president van die Instituut vir Munisipale en Openbare veiligheid Johan Bosch hul vanuit ‘n beknopte kampie elders in die dorp gered het.

Bosch wat deel is van die bestuurspan by die wildtuin vertel dat die toevoeging al ‘n geruime tyd op hulle beplanningsagenda was nadat hulle ‘n groot groep volstruise verlede jaar verloor het.

“Toe ek die groepie volstruise in die klein kampie sien het geweet dat hulle meer plek nodig het en die wildtuin is ideaal.”

Die transaksie is dadelik gedoen en die vier wyfies en een mannetjie is sommer gou by die wildtuin afgelaai.

Bosch vertel dat hulle binnekort nog mannetjies by die wildtuin gaan aanskaf.

“’n Volstruispaar hou lewenslank sodra die mannetjie vir hom ‘n wyfie gekies het so die ander vier gaan baie eensaam raak,” skerts hy.

Krugerdorpse inwoners kan ook binnekort na nog nuwe toevoegings tot die dierefamilie by die wildtuin uitsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button