
Die flitsende blou naambord op die hoek van Voortrekker- en Van Oordstraat wat sinoniem geword het met Krugersdorp se naglewe, gaan binnekort afgehaal word nadat Ambrozio’s se bestuur besluit het om hulle deure te sluit.
Volgens mede-eienaar Alicia Niemann was dit bloot ‘n besigheidsbesluit.
“Ons as eienaars het ander besigheidsbelange wat in hierdie stadium ongelukkkig meer aandag geniet,” sê sy.
Alhoewel die gebou in Noordheuwel spookagtig toe staan, is daar sprake dat daar binnekort nuwe intrekkers verwag kan word.
“Verskeie besigheidseienaars is tans besig om met die verhuurder te onderhandel,” noem Niemann.
Daar word gespekuleer dat die perseel moontlik in ‘n nuwe restaurant omskep gaan word.
