
Of inbrekers wat van ‘n kerk gesteel het se straf meer gaan wees op die oordeelsdag, sal net hulle weet.
Die opsigter van die Tebennacle Kerk in Eastpark, Kagiso het op Sondag 27 Oktober met ‘n skok agtergekom dat diewe by die kerk ingebreek het toe hy omstreeks 6.30vm wou seker maak dat als reg is vir die kerkdiens.
Adjudant-offisier Solomon Sibiya, ‘n polisiewoordvoerder sê die opsigter het gesien dat ‘n onbepaalde bedrag kontant en 24 stoele van die kerk se perseel verdwyn het.
“Dit wil voorkom of die verdagtes toegang tot die kerk (wat in ‘n tent gehou word) gekry het deur by die hoekpunt in te kom,” sê Sibiya.
Die opsigter wat op Donderdag 24 Oktober die laaste keer by die kerk was en dit gesluit het, was na bewering verras toe hy sien daar is by die kerk ingebreek.
Die Kagiso Polisiestasie is opsoek na inligting wat hulle kan help om die oortreders aan te keer.
Enige iemand met inligting kan die speurders by 011 696 9142 kontak.
