Local newsNewsSchools

Protearif groet Edsard

Edsard is skielik oorlede nadat hy met aggressiewe limfklierkanker gediagnoseer is.

Edsard Passano ‘n Graad 0-leerling van Protie-kleuterskool en voornemende leerling van Laerskool Protearif se glinsterogies, spesiale glimlaggies en terggees wat al die maatjies vermaak het, is skielik en onverwags van hulle weggeneem en gaan beslis gemis word.

Edsard is in Augustus met aggressiewe limfklierkanker gediagnoseer.

Hy en sy ouers wat elke dag se uitdagings met breë glimlagte en positiwiteit aangepak het, het dadelik met chemoterapie begin, maar Edsard is op 11 Oktober oorlede, nog voor daar voortgegaan kon word met die behandeling.

‘n Ereplaatjie is in Protearif se skoolsaal aangebring ter herinnering aan die voetspore wat hy by Protearif gelaat het.

Proties groet Edsard met dieselfde woorde as sy ouers: “Ons eer die Here dat hy gehoorsaam was aan God se stem tot op die laaste. Hy jubel en juig ‘How great thou art’.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button