Local newsNews

Elvis maak ‘n draai

Nicholis Louw het ou bekende treffers van Elvis Presley gesing as deel van 'n Kersfeesprojek om geld vir minderbevoorregtes en bejaardes in te samel.

Sulla Via in Honingklip het op 18 Oktober vir ‘n aand lank die Elvis Presley-tydperk herleef met melkskommels, springmielies, dekor, musiek, karre en bekende Elvis-treffers wat die atmosfeer ingekleur het.

Die geleentheid is deur 370 mense bygewoon en die volle opbrengs gaan deur die Grain Care Trust, ‘n geregistreerde niewinsgewende organisasie, vir hulle Kersfeesprojekte aan minderbevoorregtes en bejaardes aangewend word.

Meer as R30 000 is ingesamel deur kaartjieverkope en artikels soos magnumgrootte Roodeberg-wyne en Raka-versamelaarswyne wat opgeveil is, ‘n whiskey- en wynproegeleentheid en ‘n jukebox.

Nicholis Louw het sy lyf Elvis gehou en treffers soos Always On My Mind, Blue Suede Shoes, Suspicious Minds en vele meer van sy album Elvis On My Mind gesing.

Die gaste het die funksie terdeë geniet en sommige het selfs met danspassies op die dansvloer gespog.

Grain Care is ‘n gesamentlike onderneming van die maatskappye Unigrain, Grain Carriers, Grain Logistics en Merchants Transport wat fokus op ‘n wye spektrum van dienste binne die graanprodukte-sektor van Suid-Afrika, soos die vervoer daarvan en ander produkte.

Vir meer inligting kan Jackie van der Walt by 083 256 9327 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button