Twee onder 13 tennis-leerlinge van Laerskool Protearif, Alexia Maritz en Soneike Fouche is genooi na die D2 tennisstreekproewe.
Hulle het hulle goed van hul taak gekwyt.
Alexia het deurgedring na die tweede rondte van die toernooi en het algeheel sesde geëindig en is gekies as reserwe vir die D2- span.
Soneike het algeheel sewende geëindig uit die 11 dogters wat genooi is.
Alexia en Soneike het ook baie goeie resultate behaal tydens die laerskole se tennisliga hierdie jaar.
Soneike het by haar plaaslike tennisklub ook eerste plek losgeslaan met hul klubtoernooi.
Baie geluk, Proties, julle skool is baie trots op julle. Dankie vir julle goeie sportmangees.
Dankie ook vir Juffrou Jenny vir die wyse wat jy die tennis by Protearif aanpak.
