Local newsNews

Die saak van die vermiste pos

'n Sak vol onafgelewerde posstukke is in Mindalore ontdek.

‘n Groep Mindalore-inwoners moes vir meer as ‘n week teleurgesteld van die posbus wegstap nadat verwagte postukke nooit by hul huise afgelewer is nie.

Die NUUS is bly om te berig dat die postukke nie verdwyn het nie. Inwoners word aangeraai om na die Witbeeck Poskantoor te gaan waar ‘n sak vol onafgelewerde positems wag om afgehaal te word.

Sowat 150 postukke wat nooit by bestemde adresse in die area afgelewer is nie, is Vrydag 8 November deur inwoner, Herbet Robertze gevind, toe hy ‘n rooi sak vol posstukke in Flettnerstraat ontdek het.

“Die ironie is dat my naam op die eerste van baie koeverte gestaan het,” vertel hy.

Rekeninge, briewe en kennisgwings van pakkies vir inwoners sover as Barend- en Stumkestraat is by die poskantoor.

Volgens die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) woordvoerder Lungile Lose, gebeur dit soms die pos wat in sekere areas afglewer moet word te veel is om op ‘n enkele afleweraar se fiets te laai.

“In uitsonderlike gevalle reël ‘n aflweraar met ‘n inwoner om ‘n sak by hulle te stoor en todat hy later terug kom om dit op te laai,” verduidelik hy.

“In dié spesifieke geval moes die inwoner waarby die pos gestoor is onverwags ‘n besigheidsafspraak nakom.

“Die inwoner het die sak buite die erf teen ‘n muur geplaas waar die afleweraar dit sou kry, en Mnr Robetze het dit daar ondek.”

Lose sê hy waardeer gemeenskapslede se belangstelling en raai inwoners aan om vermoede posdiefstal by die Post Office Crime Buster Hotline by 0800 020 070 aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button