NewsSchools

Unieke maniere van hulpverlening en uitleef van waardes

Op hierdie wyse poog ons om n brug te bou tussen die wat het en hulle wat gebrek beleef.

Die ekonomie knel oral – ook in ons skole, skryf dr Anton Prinsloo, hoof van Hoërskool Bastion.

Gebrek aan waardes steek oral kop uit – ook in skole.

Ons probeer hierdie twee knelpunte kombineer ten einde ‘n wen-wen situasie te bewerkstellig.

Ons het sedert 2008 die stelsel waarvolgens ons waardes in ons skool probeer vaslê deur middel van klasbesprekings en werkstukke vir leerlinge geïmplementeer. ‘n Inligtingstuk word uitgewerk en aan leerlinge as bron gegee. Voorbeelde hiervan is: woedebeheer, bedagsaamheid, integriteit, omgewingsbewaring ensovoorts.

Die werkstukke word gekontroleer en leerlinge word kwartaalliks beloon indien die hele klas al die werkstukke voltooi het. Die wenklasse mag dan op ‘n vasgestelde datum siviele drag dra. En glo dit verseker, die leerlinge werk daarvoor!

Ons voel egter dat die waarde van omgee prakties geïmplementeer moet word. Leerlinge word bewus gemaak van die feit dat daar leerlinge is wat onder die broodlyn leef. Hulle kan nie-bederfbare kosprodukte bring om bonus punte vir die klas te verwerf. Wenklasse kry dan aan die einde van die kwartaal ‘n eetdingetjie as blyk van waardering.

Die ingevorderde produkte word aan gesinne in ‘n krisis geskenk. Hierdie skenkings word vertroulik hanteer.

Op hierdie wyse poog ons om ‘n brug te bou tussen die wat het en hulle wat gebrek beleef.

Hierdie poging word nie gekoppel aan die skool se voedingskema wat vanuit die skool se Ondersteuningsdienste geadministreer word nie.

Hierdie waardegekoppelde hulpverleningsaksie is van die leerlinge aan leerlinge. Die beginsel van liefde en omgee is ‘n universele waarde. Op dié wyse word dit ingeskerp dat ek as individu in kleiner verband ‘n verskil kan maak.

Ons deel hierdie konsep met u omdat ons oortuig is dat ons op dié wyse kan saam bou om waardes op ‘n praktiese wyse in ons skole uit te leef: empatie, meelewing, respek ensovoorts.

Indien u wenke in die verband met ons wil deel, stuur ‘n e-pos aan draprinsloo@iafrica.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button