Local newsNewsSchools

Bromponie bots met roomyskar; skooldogter kritiek

Twee skooldogters is beseer – een kritiek – nadat hul bromponie met 'n roomyskar gebots het.

Terwyl hulle die dae voor die lang verwagte skoolvakansie aftel, het twee Hoërskool Noordheuwel-leerlinge Dinsdag 26 November rakelings aan die dood ontkom toe hulle na bewering op pad skool toe was.

Leandre Nortjé en Angelique Da Silva, albei in Graad 10, het omstreeks 9uur die oggend in Lovedalestraat in Silverfields op ‘n bromponie gery toe hulle met ‘n roomyskar gebots het.

Nooddienste is ontbied en paramedici het die twee dogters in die straat aangetref. Da Silva het enkele beserings opgedoen en is op die toneel behandel maar Nortje wat saam met haar op die bromponie was, se toestand is as kritiek bestempel.

Volgens Nortjé se pa André ontvang sy tans intensiewe mediese behandeling.

“Sy was ‘n geruime tyd in die operasiesaal waartydens haar gebarste milt verwyder is. Dokters het gesê dat daar skeure in haar lewer is wat herstel moes word.

“Hulle moes deur haar skedel boor om vog van haar brein af te dreineer en daar sal eers later bepaal kan word of sy breinskade opgedoen het,” sê hy.

Intussen het skoolvriende na die sosiale netwerk facebook gestroom om vir Leandre beterskap toe te wens.

Van die boodskappe op haar blad lees:

#Ons almal bid vir jou. Kom aan man ! Jy is ‘n sterk girl. Druk net deur. Ons wag vir jou.

#Jou glimlag is genoeg om enige iemand se dag te maak. Asseblief Liewe Jesus hou U hand oor haar.

#Jys is in ons hartjies en in ons gedagtes elke sekond, byt net vas, alles gaan okay wees, jy gaan sien.

#Wees sterk en onthou net ons amal is hier vir jou.

#LaLa’kie! Ek weet jy sal hier deur kom. Jy’s een van die sterkste mensies wat ek ken, en een van Liewe Jesus se spesiaalste Engel’kies! Hy sal jou hier deur help- sterk wees pop! Ons almal dink aan jou!

#Aan hou, uit hou, en moed hou pop. Never stop fighting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button