NewsSchools

Curro sluit jaar suksesvol af

Die skooljaar is verby en Curro Krugersdorp vier met trots hulle jaar se sukses.

Die skooljaar is verby en Curro Krugersdorp vier met trots hulle jaar se sukses.

Ekstra personeel is reeds vir die bykomende klasse aangestel en daar is steeds ‘n waglys vir sommige van die grade.

Annemarie Lombard, skoolhoof van Curro Krugersdorp sê die skool is reeds stewig gevestig in die gemeenskap waartoe hulle ‘n bydrae wil maak, en sal volgende jaar voortgaan om te verseker dat hulle doelwitte bereik word – alles met die toekoms van hulle leerlinge in gedagte.

“Die skool se sukses lê daarin dat ons ‘n uitstekende kurrikulum in Afrikaans en Engels, kwaliteitgeriewe en verbintenis tot uitstaande onderrig teen bekostigbare skoolgelde bied. Curro-skole is toenemend ‘n voorkeurwerkgewer in die onderwyssektor,” sê sy.

“In Januarie sal die skool sy eerste bestaansjaar vier en ons kyk met trots terug na die begin van ‘n opwindende suksesverhaal. Die groei in leerlinggetalle van 346 in Januarie vanjaar tot amper 560 volgende jaar spreek boekdele.”

Ekstra personeel is reeds vir die bykomende klasse aangestel en daar is steeds ‘n waglys vir sommige van die grade.

“Ons naskool- en vakansiesorgfasiliteite is van die beste omdat ons by Curro nie net tydens skoolure en naskool gelukkige kinders wil akkommodeer nie, maar ook gedurende die vakansietydperk.”

Annemarie sê die skool se busroetes strek vanaf Hendrik Potgieterweg tot by Ontdekkersweg in Roodepoort en bied nie net ‘n oplossing vir vervoerprobleme nie, maar maak dié skool prakties toeganklik.

Buiten vir akademiese uitnemendheid bied hulle ook ‘n wye verskeidenheid sport- en kultuuraktiwiteite aan.

Die laaste fase van die aanbouings geskied in 2014 om vir die groei van die Intermediêre Fase voorsiening te maak.

“Die beplande verbetering aan ons kleuterskool, Curro Kids in 2014 beloof om dit opwindend en nuut vir die kleuters te maak.”

Back to top button