Local newsLocal sportNewsSport

Laaste staptog vir die jaar

Die laaste stap vir die jaar vind die naweek plaas.

Daar is twee lekker staproetes om na uit te sien.

Die Krugersdorpse Stapklub bied hul laaste stap op 14 Desember by Augterberg aan.

Hierdie roete is sommer teen die dorp. Van die bymekaarkomplek af is dit omtrent 10 minute se ry. Maar dit maak nie die roete minder mooi nie. Die beginpunt is ‘n kloof, en daar word met die spruit langs oor die berg gestap. Daar is ‘n waterpypleiding en ‘n plek waar mense rekspronge doen.

Die omgewing is pragtig en die roete is ook plek-plek oopgekap. Veral waar dit in die verlede dig bebos was, is dit nou mooi en maklik om te stap.

Bo-op die koppe het jy ‘n panoramiese uitsig oor die omgewing daar ver onder. Dit is ‘n roete wat aan meeste van die klub se lede bekend is.

Daarna word Kloofendal in die nuwe jaar op 11 Februarie aangepak.

Hierdie is ‘n gemaklike, lekker, pragtige en veilige roete. Dit is hoe stappers hierdie roete beskryf, want van al die nabye roetes, is hierdie stap werklik ‘n ontspanning vir siel en liggaam.

Beginners vind sommige plekke op die roete effens moeilik, maar as mens weet wat voorlê, word dit al hoe makliker. Die roete is omtrent sewe kilometer lank, teen koppies op en af, maar nie regtig hoog nie, en al lê dit in die middel van die woongebiede, is dit tog afgesonderd en rustig, en baie mooi.

Die roete word goed versorg, maar klitsgras is dié tyd van die jaar op al die roetes. Dit is gratis om daar te gaan stap, en stappers het nog nooit iemand teëgekom wat die roete nie geniet nie.

Vir verdere besonderhede kan Babsie by 083 544 1102 of Phillip by 083 788 4555 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button