Local newsNews

Kersfees se bondels vreugde

Die ooievaar het drie ouerpare vanjaar met Kersfees verras.

Alhoewel klein Zaundri van Heerden nie vanjaar op haar ouers se Kersfeeslysie was nie, was sy beslis op die ooievaar se lys.

Celeste de Vos-Botha en Heinrich van Heerden van Monument is saam met nog ander twee ouerpare die trotse ouers van drie bondeltjies vreugde wat besluit het om op Kersdag hulle opwagting te maak toe hulle vir die eerste keer lig in die Netcare Krugersdorp Privaat Hospitaal gesien het.

Heinrich sê sy dogter moes eers haar opwagting in die nuwe jaar op 12 Januarie gemaak het, maar toe besluit die ooievaar om haar onverwags vroeër af te lewer.

“Ons het dit glad nie verwag nie en sou Kersfees by familie in Van der Bijlpark deurgebring het, maar dit lyk of klein Zaundri nie haar eerste Kersfees wou misloop nie.”

Sy is om 9:22 vm gebore en het 2,560kg by geboorte geweeg.

Desmond en Mkhangeni Ivy Lebitsa is die trotse ouers van hulle derde kind Semakaleng wat die eerste Kersfeesbaba vanjaar is wat by die hospitaal gebore is.

Klein Semakaleng Lebitsa is haar pa Desmond (regs) se trots toe sy op Kersdag gebore is. Hier is hulle saam met haar ma Mkhangeni Ivy.
Klein Semakaleng Lebitsa is haar pa Desmond (regs) se trots toe sy op Kersdag gebore is. Hier is hulle saam met haar ma Mkhangeni Ivy.

Sy is om 06:05vm gebore en het 3,090kg by geboorte geweeg.

“Ons is regtig opgewonde en dit is werklik soos ‘n Kersfeesgesekenk,” het haar pa Desmond gespog.

Klein Bophelo Phetla het sommer reeds die bynaam Ten-Ten gekry toe hy om 10:10 sy opwagting gemaak het. Sy trotse ouers Naledi Phetla en Spiwe Mabe sê hulle is net so opgewonde om hom by hulle te hê. Hy het 3,380kg by geboorte geweeg.

Spiwhe Maboe (links) en Naledi Phetla (regs) is die trotse ouers van klein Bophelo Phetla wat op Kersdag gebore is en 3,380kg by geboorte geweeg het.
Spiwhe Maboe (links) en Naledi Phetla (regs) is die trotse ouers van klein Bophelo Phetla wat op Kersdag gebore is en 3,380kg by geboorte geweeg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button