Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Graad Een paddabeen: Kennies-nuwelinge skuif agter skoolbanke in

Opgewonde haasbekkies het vroeg voor die skoolhekke gewag.

Die eerste dag van grootskool was in die verlede ‘n hartseer saak, maar vandat leerlinge deesdae reeds in Graad R by ‘n laerskool inskryf word, is dit asof die trane ietwat minder is.

By Laerskool Kenmare was daar hier en daar ‘n tranedal maar meeste Graad 1’tjies was ywerig om hul nuwe juffrou en maats te ontmoet.

Op Dinsdag 14 Januarie, wat die eerste dag van die res van hul skoolloopbaan sal wees, het 170 opgewonde Graad 1’s die skoolgronde betree. Die NUUS was midde in die warboel van emosies in elkeen van die skool se Graad 1-klasse.

Oral was seuntjies en dogtertjies uitgedos in die skool se kenmerkende bruin skooldrag; party kaalvoet, ander haasbek maar almal pynlik netjies.

Soos wat die groot groetoomblik aangebreek het, het sommige ouers gelyk of hulle meer as hul kinders sukkel om die trane te bedwing. Voor in die klas het elke juffrou haar reëls uitgespel.

Graad 1-onderwysers Haneli van der Berg, Jessica Jensen, Karin May, Linda Pretoruis en Rina Botha het gou met die nuwe groep Kennies-leerlinge gesels en uiteindelik was 2014 se Graad 1’s sommer gou ingeburgerde Kennies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button