NewsSchools

Ebies se haasbekke reg vir skool

Om na al die opgewonde gesiggies te kyk, laat skoolhoof Koos Lamprecht terugdink toe hy self in Graad 1 was.

Koos Lamprecht, hoof van Laerskool Ebenhaeser sê dat hulle skool vanjaar weer met ‘n goeie getal nuwe Graad 1-leerlinge geseën is.

“Ons skool spog vanjaar met sowat 130 Graad 1’s en ons is opgewonde om hulle by ons te hê.”

Hy sê om na die gesigte van die nuwe haasbekke te kyk laat hom terugdink aan die tyd toe hy self in Graad 1 was.

“Om te dink dit is die begin van ‘n mens se skoolloopbaan waar die gesiggies blink van opgewondenheid en jy nuwe dinge om jou ervaar.”

Koos sê die personeel is gereed om van hierdie jaar ‘n sukses te maak en om die kinders met leiding op die regte pad te hou.

Hy sê dat die leerlinge kan uitsien na ‘n jaar van pret omdat hulle en Laerskool Krugersdorp-Noord saam die interskole-atletiekbyeenkoms aanbied en dat dit ook weer tyd is om ‘n Mnr en Mej Ebies te kroon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button