Local newsNewsSchools

Leerlinge begin eerste skooldag in haglike omstandighede

Oral is gebreekte vensters en banke.

Terwyl die eerste skooldag op Woensdag 15 Januarie by die meeste skole in Krugersdorp vlot verloop het, blyk dit dat een plaaslike skool in chaos gehul was.

By ‘n welbekende hoërskool in Kagiso, berig die dagblad The Citizen, was daar enorme probleme met administrasie en infrastruktuur, en leerlinge is in oorvol klasse gestop.

Ouers moes na bewering in lang rye staan om hul kinders te registreer net om weer weggewys te word, en leerlinge moes na klaskamers met gebreekte vensters en skoolbanke terugkeer.

Daar word beweer dat die skade aan die infrastruktuur verlede jaar deur hewige haelstorms veroorsaak is.

Intussen het die NUUS verneem dat die skool se matriekslaafsyfer, wat om die een of ander rede geheim gehou word, veel te wense oorlaat.

Daar is selfs spekulasie dat die skool se slaagsyfer van die swakste in die provinsie is.

Die skool het die geleentheid van die hand gewys om kommentaar te lewer oor die omstandighede waaronder leerlinge onderrig moet word.

Die Gauteng Departement van Onderwys het aan die NUUS gesê dat die saak ondersoek word en dat verdere kommentaar aangestuur sal word.

Lesers sal op hoogte gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button